‘n Voertuig het vier wiele om dit veilig aan te dryf . Grootbrak Rivier het vier organsasies wat saam staan om die dorp en sy mense te help oor growwe paaie wanneer hulle verskyn.
Ons bly in ‘n redelike veilige en pragtige dorp, “Dis ‘n paradys hier” so praat ons inwoners onder mekaar. Alles goed en wel maar wie gaan die paradys onderhou en saam met raadslede dit verder verbeter. Op die oomblik is daar verskeie uitdagings wat die dorp en sy strate bietjie slordig laat lyk wat die gemeenskap se ondersteuning verlang, Meeste van ons wat gereeld in die dorp kom sien hierdie uitdagings maar probeer eerder dit opsy stoot.
Vier organasasies wat besluit het om hiedie situasie te verbeter is:
- Die Belasting Betalers Vereninging
- Die Besigheids Forum wat gesond aan die groei is.
- Die plaaslike Grootbrak Dorp Buurtwag en die
- Bewarea of beter bekend as die Conservancy of Great Brak River.
Elkeen speel ‘n rol wat aansluit by mekaar om dieselfde doel te bereik. Elkeen het sy eie samestelling en doelwitte.
Die Buurtwag wil meer disiplinne meebring in die areas waar gedrink word in die publiek en bedelaars wat ons besoekers afskrik. Ook so die verstrooing van rommel moet onder beheer gebring word. Hierdie oefeninge is noodsaaklik om die “Broken Window Theory” te vermy. Die verkeer oortreders moet ons ou mense en die padreëls in ag neem. Veilige woongebiede waar ons kinders kan rond beweeg is deel van gesonde opvoeding. En so is daar nog talle ander voorbeelde.
Die Belasting Betalers Vereniging en Besigheids Forum werk saam om die besigheids distrik aantreklik en veilig te hou. Hier is dit belangrik dat ons saam met ons Raadslede planne en oplossings vind om dit te laat geskiet. Sodoende is die Skarrel Huis gestig en het met groot sukses beide werksoekers en werknemers bedien . Gister was die Skarrel Huis 2 jaar oud en het in hierdie tyd oor die 29,000 werks posisies geplaas. Dit is ‘n sukses verhaal en ons het die eerste suksesvolle werksentrum in die Wes Kaap ontwerp waar daar nie gepraat kan word van werkloosheid nie.
Ons Conservancy Groep kyk gereeld na die verwydering van uitheemse bosse en bome en bevorder die voortbestaan van plaaslike plante. Het ook met uitstekende sukses die Trein Stasie se tuine weer aan die lewe geroep waar mense veilig kan wandel tussen die gesonde plantegroei. “Ons eie Grootbrak Botaniese tuine” sê ek!!
Insiatief word dikwels geneem om strande en rivier mond skoon te maak en help om ons inheemse voels weer terug te kry.
Wees net verseker dat ons almal dit doen om ons paradys te versorg. Daarmee wil ons vra dat meer meense na vore sal kom om ons te help daarmee want gewoonlik is dit net die getroue minderheid wat alles probeer doen vir die meederheid.
– Ronald Hacquebord



Add Comment
You must be logged in to post a comment.