- August 26, 2024
- 102
- 0 comment
Snuffel wens De Barber geluk toe met hul driejarige bestaan wat die 14 Augustus was! Hierdie beskeie, maar uitmuntende salon het vir die afgelope drie jaar ‘n wesenlike deel van ons gemeenskap geword en is steeds besig om te groei…
Onder leiding van Gael, die eienaar, het De Barber ‘n reputasie opgebou vir hul uitstekende diens en stylvolle haarstyle vir mans en seuns. Of jy nou net jou hare wil sny of ‘n vars, moderne styl wil probeer, by De Barber is jy verseker van kwaliteit.
Maar daar is meer opwindende nuus! De Barber het onlangs hul dienste uitgebrei om mans nou ook met ‘n reeks luukse behandelings te bederf. Jy kan nou ***pedikure, manikure, waks, masserings en selfs sinusbehandelings*** ontvang. Dit is die perfekte manier om jouself of ‘n spesiale man in jou lewe te bederf en ‘n welverdiende blaaskans te geniet.
De Barber se deure staan oop vir die gemeenskap Dinsdae tot Donderdae van 09:00 tot 17:00, Vrydae van 09:00 tot 16:00, en Saterdae van 09:00 tot 12:00 en afsprake is nie eers nodig nie.
Ons moedig ons gemeenskap aan om hierdie plaaslike onderneming te ondersteun. De Barber het die afgelope drie jaar getoon dat hulle nie net ‘n salon is nie, maar ‘n plek waar jy as kliënt regtig belangrik voel en bederf word. Kom ondersteun Gael en ervaar self die uitmuntende diens wat sy bied.


Add Comment
You must be logged in to post a comment.